Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Thinus Theunissen, ’n voormalige werknemer van ’n slaghuis in Klerksdorp, het tussen 2018 en 2019 beeste van verskeie boere van Klerksdorp, Potchefstroom, Hartbeesfontein en Ventersdorp na vendusiekrale geneem om dit glo namens hulle te verkoop.

Hy het egter die geld in sy sak gesteek. Die boere het weens Theunissen se optrede ’n totale verlies van R3 miljoen gely.

 

Die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dat die boere navraag gedoen het by die slaghuis nadat hulle geen betaling vir hul beeste ontvang het nie. Dit was toe dat hulle besef het dat Theunissen hulle om die bos gelei het.

Volgens adjoff Amogelang Malwetse, polisiewoordvoerder vir die Valke, het ‘n ondersoek bevind dat Theunissen onwettig en opsetlik opgetree het deur die beeste te steel en voordeel uit die transaksies getrek het. Hy het ná ’n verskeie hofverskynings skuld erken op nege aanklagte van diefstal.

Theunissen is op Dinsdag 22 April in die handelshof in Klerksdorp tot 10 jaar tronkstraf op sewe aanklagte, asook ’n verdere 10 jaar tronkstraf op twee ander aanklagte gevonnis. 

Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Hy sal effektief 10 jaar tronkstraf uitdien.