Juhanell Ollewagen (foto) van Laerskool Saamtrek wen die Noordwes gholf individuele meisies se zero-afdeling. Met die besonderse prestasie in die sak is sy gekies vir die Noordwesspan en is ook die kaptein van die meisiespan vir die SA Interprovinsiale kampioenskap wat in Desember plaasvind. PG van Niekerk is ook gekies vir die provinsiale span. Saamtrek se eerstespan het ‘n algehele derde plek by die toernooi behaal.
Gholf is haar spel
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode










