Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Meiringspark is trots op hul krieketspanne wat die seisoen met ywer afgesluit het.

Die skool het geskiedenis gemaak met vier spanne (o/10 A, o/11A, o/13B en o/13A) wat almal deurgedring het na die Noordwes mediumskole semi-finaal. Die o/10A span het in die finaal hul onoorwonne status behou en is as Noordweswenners aangewys.

Individuele spelers wat ‘n skitterseisoen beleef het is ondermeer Lebo Motsatsi (o/13 A) wat 90 lopies aangeteken het en Christian Jacobs (o/13A) met 155 en 64 lopies. Kganya Dala van die span het 55 en 51 lopies aangeteken. Atang Nxako (o/13) is gekies vir die Noordwesspan.

In die o/13 B span het Jonathan Lowe geskitter met 67 lopies en Twerelo Setai met 5 paaltjies. Zavier Moses en Evaan van Wyk van die o/11 A span het elk 5 paaltjies in `n wedstryd geneem. 

Vir die o/10A span het Stian Dreyer 88, 62, 60 en 58 lopies in onderskeie wedstryde aangeteken en Jaco Peens spog met 55 lopies. Alberto Green het 73, 55 en 56 lopies aangeteken en Henco Kapp 50 lopies.