Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Een span van Klerksdorp is ligawenners in die Noordvaal-beker se plaatafdeling.

Hoërskool Wesvalia se jong bere het die trofee huis toe gebring nadat hulle korte mette gemaak het van die Kemptonparkers.

Groot skolerugby is die afgelope naweek op Middelburg gespeel waar die finale wedstryde in die plaatafdeling gespeel is. Wessies se o/14s het hul rekord van onoorwonne wedstryde voortgesit wat al by die NWU-sportreeks begin het. 

Die span het 19 agtereenvolgende wenne behaal en slegs na hul eerste wedstryd van die jaar, met ‘n gelykopuitslag van die veld gestap.

Die seuns wat vanjaar vir die eerste keer in Wesvalia se rugbykleure gespeel het, het 532 punte in die seisoen aangeteken met slegs 152 punte teen hulle.

Wesvalia se rugbyspanne het hulle vanjaar uitstekend van hul taak gekwyt nadat hulle die eerste keer in die plaatafdeling meegeding het. Die eerstespan het die semi-finale rakelings gemis en vir stewige kompetisie in die afdeling gesorg.

HTS Middelburg wat KHS in die semi’s uitgeskakel het, is uiteindelik as die plaatwenners aangewys. 

KHS en Wesvalia behou albei hul plekke in die afdeling en hoef nie relegasie na ‘n laer afdeling te vrees nie.