Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Al ses atlete van Klerksdorp wat in die SA-span ingesluit is wat verlede week in Eswatini aan die Cossasa-spele deelgeneem het, het goue medaljes gewen.
Meer as 1 000 atlete in die o13 tot o17 ouderdomsgroep van sewe lande in Suider-Afrika het in Eswatini saamgetrek vir die byeenkoms. Twee leerlinge van Laerskool Saamtrek, drie van KHS en een van Wesvalia het deelgeneem. Klerksdorpers Erich Wiese, spiesgooi afrigter, en Monique van Niekerk, biokinetikus, is in die SA bestuurspan ingesluit en het saamgetoer.
Atlete wat eerste by die SA skolebyeenkoms was, is in die SA-span vir die spele ingesluit. Die laerskoolleerlinge, Alto Wigget en Nélike van der Berg het albei in spiesgooi presteer. Alto verwerf die eerste plek met ‘n wenafstand van 54.17m en Nélike met ‘n wen-afstand van 35.27m. Nog twee spiesgooiers, Lehanke Beets en Stian Zopick, het ook elk ‘n goue medalje gewen. Die vier atlete word deur Wiese afgerig.
Denike Jordaan het twee goue medaljes gewen, in die 400m en medley aflos en Zoey Gracie het goud in verspring gewen en silwer in die 4x100m aflos.
Ses goues vir Klerksdorp
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode