Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Perdry-afrigter, Iandre Mugge is vinnig besig om opgang te maak in perdry sport.
Sy het die silwerafdeling by die Western Mounted Games op Parys gewen. Suid-Afrika het teen Engeland deelgeneem. Die afdeling waarin sy deelgeneem het, het op 6 en 7 Oktober plaasgevind.
Die sport behels Amerikaanse gymkhana-afdelings soos vatwedrenne, haastig-skarrel, paalbuiging, spoedbal en Figuur 8 met ‘n pen en ‘n vlag.
Iandre het vanjaar aan die sport begin deelneem en is verras met haar goeie resultate.
Sy is ‘n oud-Schoonie en het tans haar eie ryskool en rehabilitasiesentrum vir perde in Klerksdorp.
Klerksdorp se perdrykoningin
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode