Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Die NW Duathlon kampioenskappe het op Saterdag 27 April plaasgevind. Dit was die finale keuringswedloop vir die SA Duathlon Kampioenskappe wat binnekort by Midmar plaasvind. ‘n Paar Klerksdorpers het uitstekende prestasies in die onderskeie kategorieë bepaal. 

Die supersprint kategorie (12-15 jaar) behels ‘n 2.5km hardloop, 10km fietsry en weer 1.25km hardloop. Elardus Erasmus van Hoërskool Wesvalia eindig tweede in die o/15-ouderdomsgroep, gevolg deur Jansu de Beer, van KHS, in die derde plek. Michael Demetriou van Laerskool Saamtrek was tweede in die o/13-ouderdomsgroep.

 

 

 

 

Vir die ouer deelnemers is daar die sprint kategorie (16 jaar en ouer) wat ‘n 5km hardloop, 20km fietsry en 2.5km hardloop insluit. Dawid Janse van Rensburg het die jongelinge gejaag om algeheel tweede in die kategorie te plaas, en eerste in sy ouderdomsgroep (45-49). Julian Demetriou van Hoërskool Wesvalia het tweede in die o/17-ouderdomsgroep geëindig.

Michelle Mendonca was die tweede dame oor die wenstreep en wenner van haar ouderdomsgroep (40-44). Griseldes Ellis het die dames 55-59 ouderdomsgroep gewen.

Die standaardkategorie wat ‘n 10km draf, 40km fietsry en 5km hardloop insluit is deur Izaane Demetriou gewen. Sy was die eerste dame oor die wenstreep in die kategorie. Pieter Burger het die ouderdomsgroep mans 50-54 gewen, en Alicia Swanepoel was die wenner van dames 35-39.