Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Vanjaar merk die twaalfde jaar wat Hoërskool Schoonspruit en Hoërskool Wolmaransstad teen mekaar te staan kom in die Classic Clash. 

Vanjaar se kragmeting vind plaas op Vrydag 10 Mei en word aangebied op Schoonspruit se tuisveld. Vanjaar sal die skole teen mekaar meeding in hokkie, netbal en rugby.

 

Goeie nuus is dat wedstryde nie in die oggend plaasvind nie en sodoende werkende ouers die geleentheid gee om deel van die opwinding te wees en ook die sport saam te geniet. Schoonspruit nooi ouers en alle inwoners van Klerksdorp hartlik uit om die dag by te woon.

Die 1ste netbalspan speel om 14:30, 1ste hokkie (meisies) om 15:15, 1ste hokkie (seuns) om 16:30 en die 1ste rugbyspan skop om 18:30 af. Die openingseremonie begin om 17:45 voor die 1ste rugbyspanne afskop.

Na afloop van die eerste rugbyspan se wedstryd is die prysuitdeling waar die wenners van die verskillende items aangewys sal word en die trofeë oorhandig sal word.

Volgens Anca Swart, hoof van Schoonspruit, gaan vanjaar se Classic Clash soos gewoonlik ‘n spog-wintersportgeleentheid wees vir Schoonpruit en Wollies om kragte te meet. Asook ‘n geleentheid wat die hele gemeenskap kan ondersteun en saam kan geniet! 
Die rugby- en netbalwedstryde sal ook ge-”livestream” word.

Hekke open om 12:00. Hekgeld beloop R10 per persoon en R10 per voertuig. Verskeie kosstalletjies sal beskikbaar wees.