Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Rolbalklub se manspelers het mekaar die afgelope naweek die stryd aangesê om die Manskampioen van 2024 aan te wys. 

Veertig mans het aan die kompetisie deelgeneem tydens die 10 groepfases. Die Top 10 groep wenners het deurgedring na die uitspeel wedstryde wat uiteindelik na 4 fases die finale twee spelers bepaal het. 

 

Die twee semi-finale is toe gespeel deur Errol Booth teen Josh Radebe en Tinus Crouse teen Mike Bennetto. 

Errol en Tinus het die knoop deurgehak en mekaar die stryd aangesê in die finale wedstryd. 

Die finaal was ‘n taai wedstryd met uitsonderlike goeie spel deur albei spelers. Die voortou het ook ‘n paar keer verwissel tussen Errol en Tinus.  

Met Errol wat eerste die wen telling van 21 skote bereik het, tree Errol uit die stryd as wenner en word gekroon as KBC se Mans Kampioen vir 2024.  

Errol is al 24 jaar ‘n lid van die klub en dit is die eerste keer dat hy as kampioen uit die stryd tree. 

Hy sal die klub later vanjaar verteenwoordig in die NW Kampioen van Kampioene kompetisie en die NW Meesters kompetisie.