Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Noordwes se bootklub, bekend as die Formula 1 Inflatable Boat Club (F1IBC) bou aan die toekoms van ‘n opwindende sport.

Met die hulp en inspanning van Phill en Jean Louw, herleef die klub om nuwe hoogtes te bereik. Die F1IBC het nou reeds meer as 18 bote wat aktief deel is van die klub en bymekaar kom om hierdie unieke sport te beoefen en geniet.

Die klub beplan om verskeie wedrenne aan te bied in Klerksdorp, Orkney en Potchefstroom in die aanloop na die nasionale wedren wat Junie by die Gariepdam plaasvind.

Die Formule 1 inflatable boat club, het ook vier spanne wat einde Februarie die klub gaan verteenwoordig in die Wêreldkampioenskap wat in Gqeberha plaasvind. Met die oog op dié kampioenkap waar meer as 30 spanne van regoor die wêreld gaan deelneem, is die klub besig met voorbereiding vir hul spanne om ‘n plek op die podium te verdien, wat beteken dat  hulle Suid-Afrika met Protea status sal verteenwoordig.

Die vier spanne wat die klub by die kampioenskap gaan verteenwoordig is: M40 wat bestaan uit Renier Le Roux en Jan Human, S71 wat bestaan uit Armand en Jano du Plessis, S14 was bestaan uit Renier Cronje en Francois van Royen asook 19 wat bestaan uit DC Cloete en Jeroen Bastian.  

Drie spanne van die klub het in Desember deelgeneem aan die Trans Agulhas Inflatable Boat Challenge wat gekenmerk word as die 
taaiste ren van sy soort in die wêreld. Aldrie spanne het die uitdaging suksesvol voltooi. Die spanne wat die klub by die Trans Agulhas verteenwoordig het, S19 wat bestaan uit Heinrich en Marais Cloete, S14 wat bestaan uit Renier Cronje en Francois van Royen asook S47 wat bestaan uit Tyler en Dusty Day. Die klub is opgewonde oor die toekoms en hoe die sport in Noordwes groei. Skakel vir Jean Louw by 083 634 1171 of Heinrich Cloete of 067 884 7751 as jy belangstel in die sport.