Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney – Jonk en oud het vroeër die maand langs die Vaalrivier naby die ou Stokkiesdraai buite Orkney saamgetrek vir die driekamp NW kampioenskap.

Atlete het in die Vaalrivier geswem en die fiets en hardloop het op die Stokkiesdraai-pad plaasgevind. Die jongste deelnemer was 9 jaar oud, en die oudste was 72

Verskillende ouderdomsgroepe het in verskillende afstande deelgeneem. Kinders van 11 jaar en jonger het 'n 100m swem/3km fiets/600m hardloop gedoen en die 12 tot 15 jariges wat in die "supersprint" kategorie val, voltooi ‘n 400m swem/10km fiets/2.5km hardloop. Die 16-jariges en ouer betree 'n "sprint " kategorie wat 'n 750m swem/20km fiets/5km hardloop is en die atlete ouer as 20 moet ‘n standaard Olimpiese afstand voltooi wat 1 500m swem/40km fiets/10km hardloop is.

Lene Bester het koning gekraai in die Supersprint kategorie en die ouderdomsgroep vir meisies 12-13 jaar oud. In die Sprint-kategorie het Julian Demetriou van Wesvalia die seuns o17 ouderdomsgroep gewen.

Anton Schoeman het die ouderdomsgroep vir mans 55-59 gewen.

Alicia Swanepoel was die wenner van dames 35-39, en algeheel derde dame in die Sprint kategorie.

Wilhelm Schmidt het die mans ouderdomsgroep 60-64 gewen.

Griseldes Ellis was die wenner van dames 55-59, en Heila Smith het haar kategorie (60-64) gewen.

In die standaardkategorie was Dylan Kruger die algehele wenner, sowel as wenner van sy ouderdomsgroep.

Dawid Janse van Rensburg was derde in die standaard kategorie, en eerste in mans 45-49, met dr Dave Mundell in die tweede plek.