Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Rolbal se SA Meesterskampioenskappe het vroeër die maand in Pretoria plaasgevind. Tagtig van die land se voorste en beste rolbalspelers het die naweek van 9 Februarie saamgetrek. 

Baie sterk kompetisies het plaasgevind in die onderskeie seksies en die Sondagmiddag het die seksie wenners mekaar aangevat in die finale. Die kompetisie in die seksies was uiters sterk en omdat net die uitgenooide bestes daaraan deelgeneem het, kon net die sterkste en beste spelers deurgaan na die finaal.

In die ope seksie het Sega Mokota haar self bewys deur twee Proteaspelers gemaklik te wen en het ongelukkig net met twee skote buite die medaljes geëindig. In die veterane afdeling het Genè Hill, met `n laat oproep na die meesters vir die eerste keer in amper 40 jaar homself bewys deur ook met twee gewese Proteas af te reken. Dit was ‘n baie goeie eerste toernooi vir Hill.

In die Junior afdeling vir dames het die jonge Lezandri Hildebrand (18) van PCC Potchefstroom, vier van haar vyf seksie wedstryde gewen om eerste te eindig in die seksie en deur te gaan na die finaal. 

Junior afdelings is vir spelers onder 30 jaar uit verskillende provinsies. Uitstekende spel oor die naweek is ook deur Lezandri Hildebrand gewys, om haar uiteindelik as die gouemedaljewenner in die finaal te kroon, nadat sy vir die derde agtereenvolgende keer afgereken het met Tabelo Muvhango, nog `n Proteaspeler. Die telling in die finaal vir Lezandri was 21 skote teenoor Thabelo se 10 skote. 

Wat die spel interressant maak is dat Thabelo die hele wedstryd onder druk was met Lezandri se ongelooflike trek skote wat uitstekend en strategies was. Tydens die wen skoot het Thabelo 4 skote gehad maar Lezandri het die witbal geskuif na haar balle wat agter gelê en wag het. Dit was die doodskoot en het die wedstryd in Lezandri se guns beklink.

Rolbal is by uitstek `n familiesport met Lezandri, haar ma, Chantelle en ouma, Dalene Peens wat hierdie jaar geskiedenis maak om aldrie as spanspelers vir NW A span na die Inter Distrikte toernooi in Gqeberha te gaan. Natuurlik speel pa Werner en oupa Henry ook rolbal.

* Begin rolbal speel: Henry Peens nooi alle belangstellendes, veral jong mense om hom te kontak vir toekomstige deelname. Afrigting in die sport is gratis en Klerksdorp rolbalklub het afrigters beskikbaar om te help. Skakel Henry by 064 657 7078 of Dalene by 082 929 1077 of doen navraag by jou plaaslike rolbalklub.