Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Fourie-gesin hou van die reuk van petrol en spoed.

Nico en Tania Fourie is albei op hul gelukkigste agter ‘n stuurwiel en nou is hul seun, Dirco, ‘n toekomstige renjaer in wording.

Die 14 jarige gr 9-leerling van Hoërskool Schoonspruit bestuur al van ‘n vroeë ouderdom af en ry elke eerste naweek van die maand by die Midvaal Raceway op Meyerton op die baan. Dit is Budget Racing-byeenkomste en daar word spesifiek voorsiening gemaak vir die jongman, want natuurlik het hy nog nie ‘n geldige bestuurderslisensie nie.

Pa Nico is ‘n gerekende renjaer en Tania ry graag sprints op Vosburg. Hulle ondersteun hul seun wat klaar ‘n liefde vir vinnige motors het en is darem daar om ‘n wakende oog te hou. 

Dirco het ‘n blink toekoms in die sport en hy is na sy eerste wedren aangewys as renjaer van die dag. Hy het sy tyd alreeds van 1.48 na 1.25 verbeter. “Ons het reeds ‘n jaar vooruit bespreek. Dirco is gek daaroor. Hy het beslis die liefde vir motorrenne geërf,” sê Tania.