Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - PC Swanepoel het in Desember aan die Kickboxing WAKO Afrikakampioenskap deelgeneem en het die Afrikatitel verower. Die toernooi het in Gauteng plaasgevind.
Hy het twee goue medaljes gewen en verower die Afrikatitel vir o/63kg. Die jongman is die huidige Suid-Afrikaanse kampioen en vierde op die Wêreldranglys.