Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Thinus Maritz (19) van Klerksdorp is in die span ingesluit om SA binnekort by die Gravel World Championships oftewel Wêreld grondpadfietsrybyeenkoms, in België te verteenwoordig.
Die byeenkoms vind 5 en 6 Oktober plaas. Sy droom om aan die kompetisie deel te neem is amper verpletter toe hy in die kwalifiserende byeenkoms geval het. “Ek is nogtans ingesluit in die span en dit is soos ‘n droom wat waar geword het.”