Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het hul reeks onoorwonne wedstryde voor hul tuisskare verlede naweek voortgesit toe hulle teen alle verwagting in vir Transvalia klop.
Die KHS’ers het met briljante spel die botoon gevoer teen die Vanderbijlparkers wat geen raad gehad het teen die fisiese aanslae waarmee die Blou Golf hulle oorspoel het nie. Transvalia wat heel bo aan die punteleer lê het vir die eerste keer in die Noordvaal plaat kompetisie die knie gebuig. Die eindtelling was 26-10.