Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

RKG Karate took part in the Global Traditional Martial Arts (GTMA) National Championships 2024 on Saturday October 5. Sensei Nathen Olivier took part in boys 15-18 year’s Black Belt division. He is the new GTMA National Kata/Forms Champion as well as the new GTMA National Weapon Kata Champion. He placed second in Continuous Sparing (kickboxing). Tumi Kedamile took part in boys 15-18 years white - green belt division. He is the new GTMA National Kata/Forms Champion, received second place for Continuous Sparing, second for Point Sparing and placed third for Combat Weapons.

 

 

Klerksdorp Rekord. Klerksdorp - Dit is groot teleurstelliing vir Tjaart Piston Kruger van Klerksdorp wat voorberei het vir die Ultimate Slap Fight Africa Championship net om te hoor dit is vir eers uitgestel. Hierdie geleentheid sou op Donderdag 10 Oktober by die SunBet Arena in Pretoria plaasvind.

Kruger en Jaco Grootwit Marneweck sou die stryd aansê vir die vakante superswaargewigtitel. Dié titelgeveg is in Augustus aangekondig. Grootwit, afkomstig van Barberton, is die heersende Punisher Slap Fighting SA superswaargewigkampioen en het ‘n rekord van een verlies en een oorwinning. “Ek het hom geleer en nou baklei hy teen my. Ek was sy leermeester,” vertel Piston.

Albei vegters oefen intens vir die geveg en Piston vertel hy oefen hard in die gimnasium en hy kan nie wag nie.

Grootwit beskryf Piston as “’n groot en snaakse ou, altyd vol grappies. Maar hy is ook ’n groot klapvegter en ek weet hy gaan ’n taai teenstander wees”. Die byeenkoms sal nou eers heelwat later plaasvind. ‘n Moontlike datum is 20 Desember.

‘n Opwarmingstoernooi vind op 5 Oktober in Kempton Park plaas waar Piston ‘n paar klappe sal uitdeel. Kruger het opslae gemaak in Klerksdorp Rekord en nasionaal toe hy in die Vaaldriehoek deelgeneem en sy opponent se ligte uitgeslaan het. Hy het ook pas teruggekeer van Las Vegas waar hy aan die Power Slap-kompetisie deelgeneem het. 
 

Klerksdorp fotograaf Nicci van As het verlede maand dié foto van Libbie Janse van Rensburg in Kaapstad geneem waar sy ‘n drie druk om haar die voorste puntemaker as Springbok vrouerugbyspeler te maak. Met die drie het sy die rekord gebreek vir die vrouespeler wat tot dusver die meeste punte in vrouerugby aangeteken het. Nicci vertel sy het bloot per toeval langs die rugbyveld geland toe sy en haar dogter, Benita Evans, om media akkreditasie aansoek doen nadat hulle gesien het die Springbok Vroue speel teen Spanje by die DHL Kaapstad Stadion. Ma en dogter is ywerige fotograwe en moes ‘n portefeulje van hul aksiefoto’s voorlê voordat hulle as fotograwe toegelaat is. Dit was vir albei ‘n onvergeetlike ervaring. “Ons het tot parkeerplek in die stadion gekry en kon saam met die media eet en kuier! Dit was ‘n absoluut onvergeetlike ondervinding om daar saam  met die professionele ouens van Gallo en Getty Images langs die veld te sit, ons die enigste vroue, behalwe vir KFM se vroue-fotograaf!’’ 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Jong onderwy-seres van die stad ryg die pryse in by liggaamsboukompetisies.

Sarah-lee Havenga (23) is ‘n leerkrag by Little Lea-ders Exclusive en gim by Fitness Zone Gym.

Die donkerkop het op Saterdag 28 September in Pretoria aan die IBFF Jacaranda Classic Fire & Ice deelgeneem en met ‘n eerste en ‘n tweede plek terug-gekeer. 

Sy het die Ms Fitness Model in die kategorie vir onder 1.68 gewen en was tweede in die afdeling Beach Bikini in dieselfde kategorie. Sy neem op 26 Oktober aan die IBFF Universe kompetisie deel.

 

 

 

 

 

 

More Articles …