Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Meiringspark is trots op sy krieketspelers wat vanjaar ‘n goeie seisoen agter hulle het.
Die skool het in die mediumskole liga deelgeneem en drie spanne (o10A, o11A en o13A) is die provinsiale wenners.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Meiringspark is trots op sy krieketspelers wat vanjaar ‘n goeie seisoen agter hulle het.
Die skool het in die mediumskole liga deelgeneem en drie spanne (o10A, o11A en o13A) is die provinsiale wenners.
‘n Rugbyfees met o/8-spelers het die afgelope naweek by die Konka Avontuuroord in die Magaliesberg plaasgevind. Laerskool Saamtrek se span het die jaar al hul wedstryde gewen en afgesit na Konka. Die reën en nat veld het hulle nie afgesit nie en die A en -B spanne het al hul wedstryde gewen. Hier hardloop Luka Havenga met die bal en spanmaat Alardu le Roux wat hom ondersteun.
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The Glow in the Dark night run is taking place this week. The event will take place on Thursday November 13 at Matlosana Mall. The race will start at 19:00. It is presented by the Klerksdorp Marathon Club and EM’nM Marketing.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inskrywings vir die Efficient Wealth Klerksdorp Marathon 2026 het op 1 November geopen. Dit is Noordwes se grootste marathon en word soos altyd die tweede naweek in Februarie gehou.
McKayla Van der Westhuizen is gekies vir die provinsiale o/19 Jukskeispan. Die span toer in Desember na Kroon-stad waar hulle aan die nasionale jeug-kampioenskap gaan deelneem. Sy is tans besig om fondse in te samel om haar toerkoste te dek. Die koste is R5 000. Enigiemand wat kan help, word versoek om haar ma te skakel by 076 992 4621. McKayla is ‘n leerling van KHS.