Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Rugby het die afgelope naweek teen Hurricanes gespeel in die eerste wedstryd van die PVR-reeks. 

Die was ‘n taai  wedstryd wat na die eerste helfte enige kant toe kon gaan met die Stilfonteiners wat 15-12 voorgeloop het. Die Klerksdorpers het nie gaan lê nie en die tweede helfte 18 punte aangeteken om die Hurricanes uiteindelik met 33-22 te klop. 

Klerksdorp Rugby speel eerskomende naweek teen Potch-Dorp in die een semi-finaal. Die ander semi is tussen Northam Wolves en Impala.

The Men’s Veteran bowling winners are Abrie Schutte (Fochville - bronze), Faan Stofberg (Parys - silver), Josh Radebe (Klerksdorp - gold), Alida Rossouw (NW Secretary) and Errol Booth (Klerksdorp - bronze).

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Rolbal se SA Meesterskampioenskappe het vroeër die maand in Pretoria plaasgevind. Tagtig van die land se voorste en beste rolbalspelers het die naweek van 9 Februarie saamgetrek. 

Baie sterk kompetisies het plaasgevind in die onderskeie seksies en die Sondagmiddag het die seksie wenners mekaar aangevat in die finale. Die kompetisie in die seksies was uiters sterk en omdat net die uitgenooide bestes daaraan deelgeneem het, kon net die sterkste en beste spelers deurgaan na die finaal.

Read more …Sterk kompetisie by Meesterstoernooi

Klerksdorp Rekord, Orkney – Jonk en oud het vroeër die maand langs die Vaalrivier naby die ou Stokkiesdraai buite Orkney saamgetrek vir die driekamp NW kampioenskap.

Atlete het in die Vaalrivier geswem en die fiets en hardloop het op die Stokkiesdraai-pad plaasgevind. Die jongste deelnemer was 9 jaar oud, en die oudste was 72

Verskillende ouderdomsgroepe het in verskillende afstande deelgeneem. Kinders van 11 jaar en jonger het 'n 100m swem/3km fiets/600m hardloop gedoen en die 12 tot 15 jariges wat in die "supersprint" kategorie val, voltooi ‘n 400m swem/10km fiets/2.5km hardloop. Die 16-jariges en ouer betree 'n "sprint " kategorie wat 'n 750m swem/20km fiets/5km hardloop is en die atlete ouer as 20 moet ‘n standaard Olimpiese afstand voltooi wat 1 500m swem/40km fiets/10km hardloop is.

Read more …NW Driekamp wys bestes aan

More Articles …