Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die 10e boek in Elizabeth Wasserman se geliefde Speurhond Willem-reeks beloof ‘n avontuur in te hou vir elkeen wat die boek oopmaak. In die nuutste boek neem Adriaan se klas deel aan ’n kompetisie. Die prys is ‘n reis na Japan, waar kinders van oor die hele wêreld ‘n fees gaan bywoon. Om deel te neem, moes hulle ’n haikoe skryf of ’n mangastrokiesprent teken. En Adriaan wen! Teen hierdie tyd behoort hy seker al te weet dat die Internasionale Speurdiens gereeld die resultaat van kompetisies bewimpel soos dit hulle pas. Sy ouers is trots op hulle seun, maar Willem se nuutgevonde kennis van Japannese kultuur laat Adriaan onraad vermoed. 

Op hulle eerste aand daag Sani Saki op en waarsku hulle dat die kompetisie ’n klug is. Van die deelnemers is robotte!

Niemand weet egter wie is wie nie, want almal gaan as karakters uit die bekende Menagerie-reeks in kostuum deelneem. Die Internasionale Speurdiens het gesorg dat Adriaan deelneem, en dat Willem daar is om hom te help. 

Die robotte mag nie die kompetisie wen nie. As dit gebeur, sal dit nie lank wees voor hulle oral oorneem nie. En dit sal sleg wees vir kinders - regoor die wêreld!

Hierdie boek neem jong lesers op reis en bied vir hulle blootstelling aan die kuns, media en kultuur van Japan. Dit is binnekort op die rak beskikbaar.