Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Met lente in die lug, raak mens lus om weer rond te ry en op Saterdag 6 September is dit ‘n gulde geleentheid om na Potch te reis vir die antiekmark. Die mark fokus op oudhede, versamel-items, antiekware, ou kaste, matte, boeke, kunswerke, porselein, antieke juwele, speelgoed, silwerware en nog vele meer. 

Royal Albert porselein, Sheffield silwer en Waterford kristal sal jou weglei na ‘n antieke en vintage droomwêreld.

Daar gaan ook ‘n paar antieke en klassieke motors te koop aangebied word!

Kom kuier en geniet soos oudergewoonte smullekker kos. ‘n Verskeidenheid boe-tiekwyne en handgemaakte jenewer sal die dors les terwyl die klanke van ‘n trekklavier die atmosfeer betower.

Dis ‘n mark propvol tekstuur, vintage-styl en inspirasie, en beloof om ‘n visuele en sensoriese ondervinding te wees van ouds. Die Antiekmark vind plaas vanaf 08:00 tot 15:00 by die Van Rooyen Saal-kompleks in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom. Toegang is gratis!

Skakel Tania by 079 918 2092 vir meer inligting.