Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Portu-gese Saal was volgepak vir Laerskool Goudkop se manne-aand verlede week.
Volgens die organiseerder, Angelique Kleynhans, was daar meer as veertig tafels verkoop vir die fondsinsamelingsgeleentheid vir die skool. “Dit was ‘n reuse sukses, met die veiling en skenkings wat ook suksesvol was.’’

Lourens Conradie was die seremoniemeester en hy het ‘n paar Tolla van der Merwe-grappies vertel en ook die onderhoude gevoer met die twee Springbokgaste, Steven Kitshoff en Schalk Brits.

Brits het na die 2019 Wêreldbeker ophou rugby speel om meer tyd tuis deur te bring en Kitshoff moes die tuig neerlê as gevolg van beserings. Albei was lus om te kuier en het staaltjies vertel van hul onderskeie toere asook oor hul geliefde afrigter, Rassie Erasmus. 

Dit was net ‘n klomp manne en die stories was vir harde baarde bedoel.  

Hulle moes behoorlik bontstaan met al die foto’s saam met die ondersteuners, maar albei het dit goed hanteer. Volgens Kitshoff is dit maar deel van Springbok wees!

Die ster van die aand was die voormalige hoofseun van Laerskool Goudkop, Rikus de Beer oftewel Radioraps of Jonathan. Hy het nou ‘n band saam met Ryno Velvet en hulle noem hulleself “Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer...”

Die partytjie het tot laat aangegaan. Cheers, op die volgende een.