Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die gees by Laerskool Saamtrek Vrydagoggend 6 Junie was aansteeklik met die fondsinsameling wat gereël is vir die siek laerskoolseun wat met bloedkanker gediagnoseer is. Kinders het opgewonde gelag en gesels, ouers het opgedaag en ‘n klomp brullende motorfietse het ook kom draai om hul hare in allerhande kleurvolle kleure te spuit ter ondersteuning van Chris Grobler.

Al die fondse ingesamel sal aangewend word vir sy kankerbehandeling. Volgens Petru Myburg, skakelbeampte by die skool, het verskeie instansies by die skool ingeloer ter ondersteuning van die insameling soos Klerskdorp Bikers Care, Mac’s NW, DA Matlosana, en ook ondersteuners uit die gemeenskap. Laerskool President het die fondsinsameling ook ondersteun, asook New Vision Secondary School se leerlinge. 

Intussen is ‘n trustfonds geskep waarin alle fondse wat ingesamel word, geplaas sal word. Die fonds gaan gebruik word vir enige uitgawes wat sy ouers mag onderneem in die tyd en uitstaande fooi wat nie deur die mediese fonds betaal word nie.

“Ons is uitgeboul deur die gemeenskap se saamstaan en ondersteuning vir hierdie gesin. Baie dankie,’’ het Myburg gesê.

Donasies kan ook direk in die fonds betaal word. Trustfonds besonderhede:
Bruwer en Bruwer Prokureurs Inc, Standard Bank rek 030673313.