Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Prof Ignatius Gous, emeritus professor voorheen verbonde aan Unisa, en ’n spesialis in effektiewe leermetodes, deel sy insigte oor studiemetodes (oftewel bemeesteringstrategieë), en sommer ook hoe leerders KI effektief kan inspan om hulle te help met hul skoolwerk.

Hy noem studie- of leermetodes liewer bemeesteringstrategieë - juis omdat leer oor soveel meer as leer vir ’n toets of eksamen gaan. Volgens prof Gous is leer vir ’n eksamen belangrik, maar dit is net ’n klein deeltjie van dit wat ons moet doen om ons voor te berei vir wat ons tot die lewe wil bydra. Leer gebeur elke dag.

Hy sê dis bykans onmoontlik as ons leerprogram afhang van of ons lus is om te leer. 

“As mens wag totdat jy gemotiveerd is om te leer, lei dit gewoonlik tot laaste minuut, deurnag paniek-leer.” 

Hy raai aan dat jy sisteme en gewoontes in plek kry, veral nou met die eindeksamen voor die deur.

- Stel ‘n program op
- Maak tyd
- Neem bestek op van wat jy moet studeer
- Span KI in

Afrikaans.com het sy eie kunsmatige intelligensie-platform: Afrikaans.ai wat leerders kan inspan vir eksamenvoorbereiding. Gaan kyk na: https://afrikaans.com/welkom-by-afrikaans-ai/

Die volledige artikel - wat ook tuisskool-onderrig insluit - kan hier gelees word: https://afrikaans.com/2025/10/07/leerhulp-leerstrategiee-en-kunsmatige-intelligensie/