Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die SAOU het soos etlike ander instansies Wêreld Onderwyserdag gevier. In Klerksdorp, moes leerlinge van KHS tweekeer kyk toe van hul onderwysers op Vrydag 17 Oktober in skoolklere by die skool opdaag. Alles in die gees van Onderwyserdag. SAOU het besluit om die hele Oktober aan die viering van Suid-Afrikaanse onderwysers te wy, want, volgens die unie, word daar te min erkenning aan onderwysers gegee.

Internasionale instansies soos UNESCO en ook Education International dui toenemend aan dat daar ‘n groeiende tekort aan onderwysers is. Volgens navorsing is daar tans ‘n wêreldwye tekort van 44 miljoen onderwysers wat die basiese onderwysfunksies kan verrig. 

In Suid-Afrika word dieselfde probleem ervaar.

“Die voorgestelde Vervroegde Aftrede Program wat onderwysers tussen die ouderdomme van 55 en 59 die geleentheid bied om uit die onderwysstelsel te beweeg, maak hierdie probleem groter. In Suid-Afrika is daar vooruitskouings dat ons in die volgende 15 jaar grootskaalse onderwystekorte sal begin ervaar,’’ sê Paul Sauer, uitvoerende beampte van SAOU.

Daar is verskillende faktore wat vir hierdie onderwystekorte in ag geneem moet word. Die aanwas in kinders in Afrika is besig om toe te neem, wat ‘n groeiende druk op skole, klasse en dus ook opgeleide onderwysers plaas. Afrika het sedert 2000 nuwe programme geïmplementeer wat die fokus op voorskoolse onderwys geplaas het, met ‘n geskatte behoefte aan ‘n addisionele 6 miljoen voorskoolse onderwysers wêreldwyd (UNESCO, 2025).

Die aantal onderwysers wat onderwys as beroep verlaat, emigreer of verkies om in ander lande te onderrig, dra by tot hierdie uitdaging. 

“Daarom is die behoud van gelukkige, gesonde en ervare onderwysers veral in Suid-Afrika ‘n kernfokus. ‘n Verdere faktor wat deur UNESCO aangehaal word, is dat onderwysers ‘n gebrek aan ondersteuning ervaar, wat lei tot professionele isolasie. Dit is daarom belangrik om daarop te wys dat onderwys ‘n beroep is waarin verhoudings sentraal staan.” Onderwysers kan slegs optimaal funksioneer as hulle goeie verhoudings het met die gemeenskap, die ouers, die skoolbestuurspan, beheerliggaam en met die kinders. 

Onderwysers is nie geskape om in isolasie te funksioneer nie, maar om ‘n diens te lewer en ook deur die gemeenskap ondersteun te word.

 Onderwys is ‘n hartstaak, maar onderwysers staan in die hart van die onderwys. Die Graad 12 nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het begin. 

Nagenoeg 1 miljoen leerlinge sal hierdie eksamen aflê en uit die stelsel uit beweeg, maar die onderwysers wat hulle van Graad R onderrig het, sal steeds in die stelsel bly. 

Die SAOU doen daarom ‘n beroep op gemeenskappe om hulle onderwysers te ondersteun en te omarm; om dié wat goed doen die nodige erkenning en aanmoediging te gee, sodat die werksomstandighede van onderwysers verbeter kan word. Dit is nodig om sodanige samewerkingsgeleenthede te skep sodat onderwysers ook waardevol en gekoester kan voel.