Klerksdorp Midweek, Dominionville - ‘n Groep DA-gemeenskapslede wat jaarliks ‘n kerspartytjie aanbied vir ongeveer 55 kinders, vra hulp uit die Klerksdorpgemeenskap om die partytjie op 6 Desember spesiaal te maak. “Die kinders wat ons bedien kom uit uitdagende omstandighede en ons doel is om vir elkeen van hulle ‘n dag vol vreugde, hoop en bederf te skep,“ vertel Morné Montgo-mery, organiseerder. Hulle glo elke kind het die reg om die Kersgees te ervaar. Daarom doen hulle dit vanuit die hart en met die hulp van mense en instansies wat omgee. Vir hierdie jaar se Kerspartytjie benodig hulle skoolbenodigdhede (skryfbehoeftes, boeke), toiletware (seep, tandepasta, tandeborsels), ‘n speelding vir elke kind, kos vir die dag, koeldrank en lekkernye soos lekkers of sjokolade. Alle bydraes - groot of klein - sal ‘n betekenisvolle verskil maak. Indien verlang, sal hulle foto’s van die partytjie beskikbaar stel om te wys hoe die kinders baat gevind het by die ondersteuning. Skakel Montgomery by 076 538 4687 of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien jy bereid is om te help.