Tydens die jaarlikse Suid-Afrikaanse ringbaltoernooi, wat gehou is van 5-11 Oktober by Camp Discovery in Dinokeng, het Dr Kenneth Kaunda Distrik se modelle geskiedenis gemaak. Al vier deelnemers van Klerksdorp, het plekke verower in die informele Mnr en Mej Ringbal SA-kompetisie. Op die foto is Jayden Beets (tweede prins juniors van Laerskool Saamtrek), Michaela Chatwind (tweede prinses seniors van Hoërskool Klerksdorp), Tyron Havenga (eerste prins seniors van Hoërskool Klerksdorp) en Michelé Beets (tweede prinses van Laerskool Saamtrek).