Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Justice Otto Sorgoord op Stilfontein bied volgende maand ‘n pretdag by Pickles en Peppers aan. ’n Visvangkompetisie, potjiekoswedstryd en mark sal plaasvind. Toegang vir besoekers is R70 per volwassene en R50 per skoolgaande kind.

Die deurnag-visvangkompetisie sal op 7 en 8 November plaasvind - van 17:00 op 7 November tot 15:30 die volgende dag. Dit kos R250 per inskrywing (beperk tot twee stokke per hengelaar).

Slegs vyftig visvangplekke (6m elk) is beskikbaar. Geen bote word toegelaat nie, asok geen sport- of aasbote nie.

Groot pryse op die spel: swaarste karp (hele lam), swaarste barber (halwe lam) en swaarste bass (halwe lam).

Slegs vsise vanaf 1 kg sal in aanmerking geneem word. Streng vang en vrylaat-reel sal toegepas word.

Johan, 082 383 4784, en Marius, 083 287 0111, het meer inligting oor dié kompetisie.

Die potjiekos sal om 08:00 op 8 November begin, met beoordeling tussen 13:00 en 13:30. Die inskryfgeld is R250 per pot en ‘n span mag nie meer as twee lede hê nie. 

Pryse ter waarde van R2 000 is op die spel, asook troospryse.

Stalletjies by die mark kos R250 elk (twee persone per stalletjie). Jakkie het meer inligting by 082 496 5826.

Besprekings word bevestig met ontvangs van betaling.

Elf kampplekke is beskikbaar teen R150 elk. Opskud, dit behoort vinnig uitverkoop te wees.