Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia beloof ‘n goue verjaardagviering vir die skool se vyftigste verjaardag volgende maand. Na vyf dekades nooi die skool oudleerlinge, -personeellede, -hoofde en huidige Wesvalia-ouers uit om saam hierdie goue mylpaal te vier. By die geleentheid wil hulle deel in die herinneringe en weer bande optel met klasmaats deur die jare heen. Dié partytjie vind op 18 Oktober op die rugbyveld plaas. Die kaartjies kos R450 elk, wat vermaak en ‘n vyfsterete insluit. Drag is formeel.
Die vieringe sal in ‘n markiestent plaasvind en die verrigtinge sal om 18:00 begin.
Daar sal ‘n kontantkroeg wees en trek jou dansskoene aan, want die dansvloer is groot.
Groepe van dieselfde jaar sal bymekaar sit. As jy graag met spesifieke vriende ‘n tafel wil deel, stuur die naam en van na
Hierdie funksie is slegs vir volwassenes.
Die kaartjies is op Quicket te koop.