Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Ten spyte van die kommerwekkende situasie in Lichtenburg, veral met betrekking tot die betroubare verskaffing van elektrisiteit en dienslewering van Ditsobotla plaaslike munisipaliteit, bly ons fabriek winsgewend. 
Ons het tans geen definitiewe planne om vervaardiging in Lichtenburg te staak nie.
Agrico se fabriek moet 24/7 krag hê om die galvaniseringsaanleg te bedryf. Dit het ons genoodsaak om twee groot kragopwekkers aan te skaf  vir die fabriek. Ons is in ‘n baie kompeterende bedryf en moet kostes goed bestuur om ‘n bekostigbare produk te kan lewer.

Vir logistieke redes, en om produksie te optimeer, sal ons voortgaan om produksie tussen ons verskillende fasiliteite te verskuif soos wat omstandighede verander. Dit sluit in die oorplaas van aktiwiteite wat tans in Lichtenburg uitgevoer word na Kaapstad, en omgekeerd. Sulke verskuiwings geskied egter op ’n geleidelike basis, en dus verwag ons op die oomblik geen afleggings in Lichtenburg of in die Kaap nie.
Vir dekades innoveer en pas Agrico al aan om seker te maak ons bly suksesvol. Ons doelwit om die land se produsente met die beste besproeiingsoplossings en tegniese ondersteuning te voorsien, staan vas. Agrico beskik oor meer as 35 takke landwyd en daar word ook gereeld nuwe takke oopgemaak om so naby as moontlik aan ons klante te beweeg.
Afgesien van vervaardiging, bedien ons natuurlik ook kliënte in die Lichtenburg-omgewing en in verskeie buurlande vanuit ons fasiliteit in Lichtenburg. Dit is ‘n belangrike en winsgewende deel van ons besigheid wat voortgesit sal word.
Laat weet gerus as daar enige verdere onsekerheid is. Neem die vrymoedigheid om na ons webwerf www.agrico.co.za en sosiale media te kyk hoe Agrico op 'n daaglikse basis uitbrei en aan nuwe projekte en produkte werk. Hannes Kruger, Fabriekbestuurder.