Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die inwoners van Burgersdorp (Wyk 6), en Blydeville is moedeloos gespook van 17 dae sonder elektrisiteit. 
Baie sonder water ook. Belangrike besighede soos Agrico, Nutrifeed en NWK Kunsmis het finansieël gebukkend gegaan. Weereens het mense hulle maand se yskaste leeg gemaak vir niks anders as die vullistrok. Brood en melk geld het gegaan vir brandstof, vir die mense wat wel ‘n krag opwekker kon bekostig. Hoeveel mense moes met suurstof sukkel, en die lys kan aangaan …


Alles het begin op 30 Januarie om 22:00 toe die kabel geskiet het in Twaalfde Laan. Terwyl die kontrakteur besig was om die kabel te herstel, is Vierde Laan substasie gevandaliseer gedurende Beurtkrag. 
Kwende was weereens as kontrakteur aangestel om die substasie te herstel, 9 Februarie. Die Munisipaliteit en Kwende het ‘n ooreenkoms bereik. Die Munisipaliteit sou ‘n betaling aan Kwende maak sodra die werk afgehandel is by die Vierde Laan substasie. Geen betaling is gemaak en Kwende het geweier om die elektrisiteit aan te skakel.
Op 14 Februarie om 14.00 was ek (Raadslid Kathy Vogel) by die waarnemende Munisipale Bestuurder om inligting te bekom in verband met die betaling van Kwende asook die waterkrisis wat in die dorp heers. Al die lekasies, strate sonder water reeds langer as ses weke, want geen terugvoer word gekry vanaf die bestuurder, mnr. Malesa nie.
Mnr. Mooketsi het vir my ‘n skrywe gewys waarin hy vir die waarnemende Hoof Finansiële Beampte (CFO) opdrag gee dat sy onmiddellik die oorbetaling moet doen aan Kwende voor 16:00 wanneer beurtkrag weer sou begin. 
Almal het met groot afwagting gesit en wag…
Om 16:13 het ek Mnr.  Mooketsi geskakel, geen antwoord. Ek stuur ‘n stemboodskap waarna ek 17.39 ‘n boodskap vanaf mnr. Mooketsi ontvang wat as volg lui: “I have issued instructions to finance to pay the contractor, acting CFO and a guy from Provincial Treasury stopped my instruction to pay supplier…”
Die persoon waarna verwys word is die Nasionale Verteenwoordiger vanaf Tesourie Provinsie. Volgens hom is die bedrag wat Kwende vra te veel en wil hulle eers ‘n oudit doen. 
Hoelank die proses gaan wees weet niemand nie. 
Dag vier in die donker met die geraas van kragopwekkers duidelik in die nag stilte. Ook nie water in menige huise nie. Ons mense is moeg en moedeloos. Ons skel en huil van frustrasie, ons skreeu, maar niemand antwoord nie. 
Hoe lank nog? - Kathy Vogel (VF+)