Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Tyd vir ‘n geselsie met Dr. André Hattingh. Ek leer ken die man agter die dokter. 
Hy is getroud met Joyce en sy drie kinders woon in Portugal. Hy is plat op die aarde, nederig, ‘n boerseun, word groot in Koster, en ‘n baie besonderse, dinamiese man. Hy was amper oral in die wêreld, en het in elke plek ‘n positiewe spoor gelos. Suid-Afrika is bevoorreg om hom hier te hê waar hy baanbreker werk doen. 
Alhoewel hy uitgetree het om te opereer, is hy steeds aan die gang met alles om Pedistriese Sorg Afrika. Kinders is sy passie.

Die meeste pasiënte kom van Welsyn Departemente, kerke, dokters en oumas. Soveel moontlik word gehelp tot met 18 jaar. Pediaters is egter wetlik verbind tot slegs 12 jariges. Merkwaardig is twee karakters wat vir elke pasiëntjie veel meer word as enige iets anders.

Dit is Dr. Olaf en Betsie. Betsie praat Afrikaans en sy hou van skinder. Dr. Olaf is ‘n beer-jakkals en hy praat Engels. Hy is sku en skinder glad nie. Wanneer ‘n kind by die Pediatriese Sorg opgeneem word, gaan een karakter saam, oral. Van die dokter na die teater na sy bed en word sy beste maatjie todat hy of sy mag huis toe gaan. Die beste vertrooster vir enige kind. Dr. Olaf ry die vyfde rit agterop saam Dr. André. Blakend gesond en ‘n ander Dr. Olaf ry in die voertuig, want hy het ‘n operasie gehad. (Sien foto’s). Verlede jaar is 420 kinders geopereer, iets waarop die span baie trots is. ‘n Nuwe byvoeging is tandartsdienste, 152 tande is getrek. Die operasies is delikaat, maar nodig en baie, baie duur. 
Met elke projek is dit ‘n lang fisiese pad wat elke dag gestap word.
Dit is alles behalwe maklik om Ride 4 A Child te organiseer. Daar is ‘n groot span wat baie hard werk, elke dag. Die vyfde Ride 4 A Child is aan die gang maar, 2025 se rit is al in die pyplyn. Hierdie jaar gaan groot omdat dit die vyfde rit is. Op Saterdag, 24 Februarie beplan hulle om ‘n Wêreld rekord op te stel. Om dit te bereik moet 4 500 motorfietse in tandem ry vanaf 50km voor Jeffrey se baai tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier. Almal hoop en glo dit gaan ‘n helder sonskyndag wees. 
Dr. André het spesiaal gevra dat ek die volgende aan Lichtenburg en omgewing se mense oordra:  “Sonder mense is ons niks. Julle ondersteuning is ‘n Webtuiste. Altyd vriendelik en lekker om hier te stop.” Dankie ook aan almal, die hele populasie, bikers, boere, besighede en sommer net almal wat hulle ondersteun. Dit maak die harde werk die moeite werd. Hy sien ons weer volgende jaar.
André en Joyce verhuis eersdaags na De Rust waar ‘n nuwe vleuel vir Pediatriese Sorg Afrika in gebruik geneem word. Andrê beplan reeds om verder uit te brei na ander dorpe daar. Lichtenburg wens julle die beste toe en dankie vir julle geloof in die werk wat julle doen. 
Besoek Ride 4 A Child om ook deel te hê aan hierdie groot  werk wat gedoen word met elkeen se ondersteuning en dalk Cooking with  Doc  se resepte boek in jou kombuis? En Bikers, daar is nog tyd om deel te word van die rekord!