Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Lichtenburg Motorklub is besig om die baan skoon te maak.  
Die idee is om ‘n veilige en sentrale plek te skep waar verskillende aktiwiteite beoefen kan word. Huidiglik is die Motor Klub, Fietsry Klub en Parkrun betrokke. 
Enige ander belangstellende persone of instansie soos die skole, bestuurskole en opleidings organisasies kan ook betrokke raak. Daar sal ‘n komitee so gou as moontlik gekies word om verkillende groepe op ‘n geordende wyse te akkommodeer sodat almal sy eie tyd het vir sy betrokke aktiwiteit. Sekuriteit en beplanning sal eerste aandag geniet.

Daar is reeds begin met die skoonmaak proses om die baan. Ongelukkig het die baan ook deurgeloop onder plunderaars en is daar hulp en arbeid nodig om dit te herstel. Dankie aan Frik van Rooyen wat hard aan die werk is. 
Daar sal baie hulp nog nodig wees met die herstel van die omheining, klubhuis, badkamers en die afdakke. Die gemeenskap kan betrek word vir hulp indien daar met daadwerklike verbeteringe begin word. Hierdie projek kan ‘n groot verskil in Lichtenburg maak en baie mense kan hierby baat.
Kontak persone vir nou is Dirk Burger 079 733 4291, Jannie Schoeman 083 7968 721, Stefan Esterhuizen 0834157509. 
Skakel asseblief met een van die persone sodat ons die bal aan die rol kan kry en so spoedig moontlik met aktiwiteite kan begin. 
Hou die Noordwester dop vir die belangrike datum wanneer ons eerste vergadering gaan plaasvind. 
Onthou “if you snooze, you loose”, hierdie kans is groot om deel te word van die rekreasie fassiliteit.