Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Woensdagoggend vroeg het ‘n vragmotor ‘n bakkie voor ‘n vier rigting stop “vasgeknyp”. Dit is moeilik om te beskryf. Op kamera kan daar gelukkig presies gesien word wat gebeur het. Die vragmotor het reeds sy flikkerligte baie meters ver aangehad. Twee motoriste het egter probeer om nogtans aan die linkerkant van die vragmotor verby te kom voor die stopstraat. Die eerste motor is verby, maar die bakkie se bestuurder was minder gelukkig. Gelukkig was daar geen besering gewees nie.

Natuurlik hoor mens dadelik: ”Wat soek die vragmotor in die dorp?” 
Daar is ‘n eenvoudige en maklike antwoord. Die betrokke vragmotor behoort aan die supermark. Hoe kom produkte op die rakke, en hoe word produkte weggery? Sekerlik nie met trollies nie? Hoekom gooi mense so maklik klippe? Soek jy iets op die rak wat daar nie is nie, is dit ook nie reg nie. 
Ja, daar is vragmotors wat nie deur die dorpsgebied behoort te ry nie. Daarvoor het ons ‘n Verkeers Departement wat hulle werk moet doen. Rapporteer die voertuie. 
Elke motoris, wees bedag wat om jou aangaan, ‘n ongeluk gebeur in ‘n oogwink. Kom ons wees ook meer bedagsaam teenoor ander motoriste.