Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – COLIGNY – Gebore met Mosaìc Down Syndroom is Hannes-Walt de Klerk ‘n uitsonderlike man. 
Hy woon saam met sy ouers in Coligny, ‘n klein plattelandse dorpie in die Noord Wes provinsie. Hannes-Walt het al soveel in sy lewe bereik omdat hy baie van atletiek hou. Hy was al verskeie kere oorsee waar hy aan byeenkomste deelgeneem het en ook presteer het. Hierdie jaar is die Spele in Turkye en gaan hy aan die Trisomy Spele in Antalya, Turkye deelneem. Hannes-Walt gaan spiesgooi, gewigstoot, diskus en 800m Stap.

Die atletiek kompetisie begin Vrydag, 22 Maart tot Maandag, 25 Maart. Daar is ook swem, gimnastiek, tafeltennis en futsol. Die Nasionale SA Span van 12 atlete in verskillende kodes het op hulle eie onkoste na Antalya vertrek. Vandag en môre is slegs oefendae vir die verskillende kodes. Ons hou duimvas en glo Hannes-Walt gaan skoonskip maak daar in Turkye. Ons hou ons lesers op hoogte!