Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer, Stasiebevelvoerder van Lichtenburg SAPD spreek sy kommer uit teenoor die skerp toename in misdade. Spesifiek aanranding, roof, inbrake, veediefstal, bedrog, voertuigkaping en besigheidsroof. 
Bekeer se dit bekommer hom dat die mensdom nie in vrede met mekaar kan saam leef nie. Aanrandings vind gewoonlik plaas wanneer mense onder die invloed van alkohol en of dwelms is. Bydraende faktore tot roof is gewoonlik gierigheid, alkohol en dwelms. Ons is almal daarvan bewus dat Lichtenburg tans gebuk gaan onder beurtkrag maar kriminele maak juis daarvan gebruik om inbrake te pleeg. Besigheids eienaars word versoek om te belê in teiken bewuswording. Kriminele beweeg rond om sagte teikens te identifiseer.

Veediefstal het ook begin kop uitsteek. Veeboere word versoek om streng in die bepaling van die Veediefstal wetgewing te bly en vee te tatoeër asook om vee gereeld te tel. Bedrog is vir die afgelope elf maande ‘n kopseer. Veral in die omgewing van Scoltzstraat, Langstraat en die taxi staanplek. Moenie ‘n vreemdeling vertrou of kitsbanke laatnag besoek nie. Vir Maart 2024 is daar alreeds twee persone gearresteer vir dronkbestuur. Een dronkbestuurder is ook verandwoordelik vir die dood van ‘n onskuldige voetganger van Blydeville. Bekeer versoek ook motoriste om nie naby woongebiede of afgeleë plekke stil te hou nie. Rowers identifiseer sekere areas en voer voetuigkapings daar uit. Besigheids eienaars word versoek om eerstens by besigheids ure te hou. Ken u kliënte en identifiseer onbekende kliënte. Bekeer wil ook grasg die gemeenskap versoek om ons infrastruktuur op te pas. Maandag is twee mans gearresteer vir die beskadiging van noodsaaklike infrastuktuur nadat hulle in besit gevind is van klampe wat gebruik word om water toevoer pype te verbind. Dit is ook een van die redes waarom Lichtenburg ‘n water tekort beleef. Bekeer bedank lede vir die arrestasies van dwelmverbuikers en verkopers. Saam kan ons ‘n verskil maak.