Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - AGRI NW SPEEL LEIDENDE EN KOȌRDINERENDE ROL IN MELADORA HOFSAAK
Die uitspraak in die Appèlhof gister ten gunste van die grondeienaar, Marius Nel se Meladora Trust het bevestig dat ESTA bewoners nie vee mag aanhou tensy daar ‘n definitiewe formele ooreenkoms met die eienaar van die grond bestaan nie.
Agri NW is deurlopend betrokke by verskeie inisiatiewe om die eiendomsreg van grondeienaars te beskerm teen die aanslag van die owerhede en hul politieke meesters. In hierdie geval het Agri NW weereens  ‘n leidende en koördinerende rol vervul om almal wat belang het hierby te oortuig om dit in beginsel te ondersteun maar ook met die regskostes wat dit meegebring het.

Dit het verskeie inisiatiewe en volgehoue beïnvloeding en oorreding geverg van Agri NW,  wat uiteindelik tot hierdie suksesvolle uitspraak gelei het.     Die ESTA bewoners op daardie plaas het aanspraak gemaak op weidingsregte en het alle aanmanings in die verlede om die vee te verwyder ignoreer wat gelei het tot ‘n hofsaak in die Grondeise Hof. Die Regter in die Grondeise Hof het in hierdie saak kwaadwillig en  verkeerdelik beslis dat ESTA bewoners se bewoningsreg ook outomaties weidingsregte insluit. Indien hierdie beslissing nie beveg sou word deur daarteen te appelleer nie,  sou dit beteken dat alle ESTA bewoners vee kan aanhou op die plase waar hul woon en hul geregtig is op weidingsregte. 
Dit sou ook beteken dat ESTA bewoners wie se vee in die verlede verwyder moes word weer kon aanspraak maak met eise teen grondeienaars vir weidingsregte en selfs vervanging van vee. Stel jou voor wat ‘n geweldige impak dit sou teweegbring op die hulpbronne en eiendomsreg van derduisende grondeienaars wat met ESTA bewoners opgeskeep sit. Agri NW bedank graag die regspan wat die saak gedryf het vir hul toegewyde werk en deursettingsvermoë. Spesifiek Moolman en Pienaar Prokureurs met die ondersteuning van Advokate MG en E. Roberts.   Die grondeienaar Marius Nel verdien almal se waardering en erkenning vir die feit dat hy met die hofsake volhard het, wetende van watter belang dit vir elke grondeienaar is. Agri NW bedank ook elke instansie wat finansieel tot die saak bygedra het.  
Die Appèlhof het ook die Grondeisehof tereggewys oor die regter se  foutiewe uitspraak waarin sy versuim het om die eienaar se onbetwiste weergawe as enigste weergawe te aanvaar en omdat sy bevindinge gemaak het wat nie deur die getuies voor haar ondersteun is nie. Verder het die Hof bevestig dat die reg om vee aan te hou of te laat wei op ‘n ander persoon se plaas nie ‘n reg is wat verkry word uit ESTA bewoning nie, maar slegs voortspruitend uit ‘n  ooreenkoms en instemming tussen die bewoner en die grondeienaar of persoon in beheer. Die reg is, met ander woorde anders  as wat die Grondeisehof verkeerdelik bevind het, nie ‘n ESTA reg nie, maar ‘n reg wat berus op ‘n ooreenkoms met die eienaar.  
 Agri NW beskik oor baie belangrike dokumentasie wat deur grondeienaars en ESTA bewoners voltooi moet word om probleme met vee en ander sake soos bewoningsreg te  vermy.  Dit verleen beskerming aan grondeienaars indien daar enige dispute of konflik sou ontstaan.
Agri NW nooi grondeienaars in die NW Provinsie vriendelik uit om as lede by ons aan te sluit en die talle voordele en ondersteuning wat deur lidmaatskap gebied word te verkry. Boeta du Toit Uitvoerende hoofbestuurder, Agri NW
082 388 1722, Naudé Pienaar Adjunk hoofbestuurder, Agri NW 082 776 8283.