Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – COLIGNY - Hoërskool Coligny is ‘n klein, plattelandse skool met 319 leerders en 28 personeellede. Die skool het eers net bestaan uit die westelike vleuel van die huidige vierkant wat in 1924 voltooi is met Mnr PS Coetzer aan stuur as die hoof tot 1947. Daarna het Mnr JC Geertsema die leisels oorgeneem, Ten tyde van die stigting van die skool het standerd 6 nog ‘n publieke eksamen afgelê. In 1926 het Coligny se skool maar vyf personeellede gehad. Na talle pogings om ‘n hoërskool te kry misluk het, was daar eindelik sukses en die eerste vier leerlinge kon die std. 7 Junior sertifikaat eksamen in 1934 aflê. 
Die hoeksteen van die saal is in 1959 onthul deur die destydse Direkteur van Onderwys, Dr. AH du Preez. In 1960, met Dr. Phil Smith as hoof, het die skool std. 9 en 10 bygekry, en die eerste groep kon in 1961 matrikuleer. 
Die skool het in 1968 as slegs ‘n hoërskool ontstaan toe die laer- en hoërskool amptelik geskei is.  Oor die jare heen het die skool suksesstories van hul leerders gesien en vir talle jare in ‘n ry spog Coligny met goeie slaagsyfers en prestasies.

Die 100 jaar vieringe het plaasgevind op 23 September 2023. Daar is  groot fees gehou. Die dag het afgeskop met ‘n heerlike 5km pretloop, model- en troeteldierkompetisies en ‘n motorskou.  Daar was talle stalletjies wat enige iets van houtwerk, plante, klere, juwele, kos en koeldrank verkoop het. Feesgangers is vermaak met musiek van Riaan Burger en die Coligny Boereorkes. Na 16:00 het die massa-reünie begin. Daar was groepe van 1966 tot 1992 wat heerlik saamgekuier en gebraai het tot laataand. ‘n Roete is deur die skool gestap wat vele herinneringe vir die matriekklasse teruggebring het. 
Die dag was besonder spesiaal omdat Sarie Watson wat std 7 aan die skool voltooi het op die ouderdom van 93 jaar die reünie bygewoon het. Hester de Beer het ook al die pad van Australië gereis om hierdie geleentheid by te woon. Ons was ook geseënd om die verjaarsdag van Johannes Matone, een van ons algemene werkers, op die dag te kon vier. Ons bedank graag al die borge wat die dag moontlik kon maak, die skool se personeel vir hul bydrae en harde werk, en ‘n spesiale dank aan Mnr. Hermann Potgieter en Juffrouens Belinda Steyn en Lizette Strydom vir die organisering van die fees. Ons het slegs positiewe terugvoer van al die feesgangers ontvang en beoog om so ‘n massa-reünie ‘n jaarlikse instelling te maak. Sien bladsy 11 vir meer foto’s.