Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg SAPS en die Gemeenskap in Blou het veediewe die afgelope naweek ‘n bloedneus gegee. Vrydag (22 September) is drie mans en ‘n vrou in besit van ses Bonsmarabeeste gevind. Daar is vasgestel dat die beeste in Mahikeng se gebied gesteel is. Die vier is onmiddellik in hegtenis geneem vir veediefstal. 
Sondag het Lichtenburg SAPD weer ‘n deurbraak gemaak toe vier mans in besit van 44 skape gevind is. Kolonel Johannes Bekeer,  plaaslike stasiebevelvoerder, bedank die skof wat die vier berugte veediewe aangekeer het. 

Die vier is ‘n georganiseerde groep wat in die Bakerville-omgewing opereer het. Die skape was met n minibus vervoer. 
“Weereens is dit bewys dat wanneer die gemeenskap en polisie hande vat, kan misdaad bekamp word,” het Bekeer gesê”.