Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-KEIMOES: AfriForum se takke in die Noord-Kaap het Vrydag, 9 Februarie ‘n klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen Kai!Garib plaaslike munisipaliteit oor die water op Kakamas en Keimoes wat nie geskik is vir menslike gebruik nie. 

Die klagte is teen Obakeng Isaacs, die munisipale bestuurder, ingedien omdat hy versuim het om sy pligte teenoor die gemeenskap na te kom met betrekking tot die voorsiening van water en sanitasiedienste. Dit het daartoe gelei dat inwoners nou al vir meer as drie maande lank nie toegang tot drinkbare water het nie. AfriForum het verlede jaar bevind dat hoë vlakke van E. Coli en fekale koliforme in Keimoes en Kakamas se water teenwoordig is, en dat dit nie geskik is vir menslike gebruik nie. AfriForum het watermonsters by ses verskillende punte in dié dorpe geneem en dit laat toets. Die water is getoets ná inwoners dit onder die AfriForum-tak in Keimoes se aandag gebring het dat die water ’n onnatuurlike reuk en kleur het. Kenhardt, nóg ’n dorp wat deur die munisipaliteit bedien word, het nie eens water in sy krane om te toets nie. Die moedelose inwoners het ook nou ’n memorandum aan Isaacs oorhandig om hom in kennis te stel van die gemeenskap se voorneme om teen die swak dienslewering op die dorp te betoog. “Dit is ’n basiese mensereg om toegang tot skoon en drinkbare water te hê. Dit wys net weereens dat die Kai !Garib-munisipaliteit nie sy plig nakom nie en dus die inwoners se gesondheid ook nou in gevaar stel,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari. Strauss doen ’n beroep op inwoners om nie die kraanwater te drink sonder om dit minstens te kook nie. “Hierdie voorval is net nog ’n bewys van die algemene verval van munisipaliteite in die Noord-Kaap. AfriForum gaan die huidige waterprobleem monitor en aanhou om druk op die regering te plaas totdat daar ’n oplossing gevind word.”