Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Christelle Wessels

STELLALANDER-VRYBURG: Wildekus – Morné Malan
Die skrywer Morné Malan het verlede jaar my gunstelingboek van 2023 op die rak gehad. 
‘Minder as Water’ was ‘n meesleurende storie oor ‘n gemeenskappie in die dorre Boesmanland waar ‘n beplande dam nie uitkoms voorspel nie, maar verwoesting. Ná die plesier wat ek uit ‘Minder as water’ – die skrywer se tweede roman - geput het, wou ek eenvoudig méér van Morné se werk lees. Sy debuutroman, ‘Wildekus’ – wat in 2021 verskyn het – was dus ‘n baie welkome toevoeging tot my boekrak. ‘Wildekus’ vertel die storie van Adam Swart en sy dogter Lea. Adam is ‘n man vir syfers. Een en een moet twee maak, kant en klaar. Hy het nie geduld met konsepte wat nie vir hom sin maak nie.

 

En dis hoekom hy en Lea bly koppe stamp. Soos haar oorlede ma, is Lea ‘n gelowige wat bereid is om alles vir haar oortuiginge op te offer. Dit maak Adam kwaad dat sy dogter nie haar eie lewe ten volle wil benut en haar skildertalent wil ontgin nie. In ‘n poging om tot haar deur te dring, gaan hou pa en dogter vakansie. Op Lea se aandrang gaan kamp hulle langs die Wildekus – ‘n plek met goeie herinneringe vir haar uit haar kinderdae. Maar wat ‘n versoeningsreis moes wees, ontspoor lelik. Soos ‘Minder as Water’, is die karakters van ‘Wildekus’ aangrypend en lewensgetrou – mense wat jy herken uit jou eie ondervindinge; mense wat jou gaan bybly. Wildekus word deur Lapa Uitgewers, deel van Penguin Random House SA uitgegee.