Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Net wanneer boere dink hulle het die laaste veldbrande gesien, vind meer verwoesting en dood plaas met verlies aan grond, diere en lewens wat gerapporteer. ‘n Veldbrand het Saterdag, 30 September omtreeks 12:30, reg noord omtrent 3 km van die Leon Taljaard Natuurreservaat en Swatfontein oord buite Vryburg ontstaan. Die plaaslike brandweer is om 13:00 van die brand in kennis gestel en het al hulle beskikbare personeel en voertuie ontplooi. Die brand het weikampe en veld van die Ganyesapad tot byna teen die Delareyvillepad verwoesting gesaai. Vyf chalets en ‘n gemeenskapsaal by Swartfontein ontspanningsoord is totaal verwoes in die brand. Die veldbrandseisoen blyk weereens ‘n problematiese tydperk vir Vryburg-boere te wees, aangesien hulle teen verwoestende brande gestry het wat die lewens van vee en verbrande hektare weiveld in die distrik geëis het.

Drie boere het hulle lewe in Ganyesa omgewing verloor om hulle vee te beskerm teen die veldbrand wat die gebied geteister het. Eric Stoch, voorsitter van Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging (NWUFPA), het gesê die boere wat hulle lewe verloor het, was ‘n vreeslose individu wat probeer het om sy bestaan te verseker. Die figure is verbysterend en die beelde is ontstellend. ‘n Huidige totaal van 666 393 hektaar grond wat deur die veldbrande sedert Augustus in die vyf distrikte van Dr Ruth S Mompati Distrik verlore is, met die boere-unies wat tans besig is om ‘n skadebepaling onder hul lede te doen. Volgens inligting is die brande ses keer meer as vorige jare. Die volgende is ‘n skatting van die skade/verliese wat tot dusver ervaar is; Naledi Munisipaliteit – totaal van 229 693 ha (ha verbrande data net tot 21 September 2023) twee persone wowrd behandel teen brandwonde, 130 skape meer as 200 beeste het gevrek, store en lapa’s, vyf chalets, een gemeenskapsaal ablusiegeriewe, waterinfrastruktuur, elektriese verspreidingsnetwerk is beskadig, en etlike km se heining deur brand beskadig. Taung - kommunaal, CPA plase, en SADE – totaal van 57 238 ha en kommersieel - totaal 48 440 ha verwoes (ha verbrand data slegs tot 21 Sept). Kagisano Molopo - kommersiële boere - totaal 103 000 ha kommunaal, CPA plase, en SADE - totaal 101 522 ha verwoes (ha verbrand data slegs tot 21 Sept). Lekwa -Teemane - totaal 71 500 ha en Mamusa - totaal 55 000 ha. Gedurende die tydperk (13 Augustus tot 21 September) het veldbrande meer as 600 000 ha vernietig met geen duidelike aanduiding of ons die einde van die 2023-veldbrandseisoen bereik het nie. In al die munisipaliteite binne die distrik en het onbepaalde hoeveelheid skade aan weidingsinfrastruktuur en vee veroorsaak. Sterk Augustus-winde en hoë temperature het tot die verliese en skade bygedra. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, het gesê: “Die skade aan grondgesondheid, die ontwrigting van ekosisteme en die verandering van natuurlike brandpatrone kan langdurige gevolge hê. “Die herstelproses is grootliks afhanklik van reënval. Voldoende reënval is van kardinale belang vir die herlewing van plantegroei, die herstel van grondvrugbaarheid en die aanvulling van waterbronne. Met voldoende reën kan die herstelproses aansienlik bespoedig word.” Volgens Van der Rheede het die verwoestende brande die landbousektor getref in ‘n tyd waarin boere reeds geweldige uitdagings in die gesig staar, insluitend beurtkrag, verswakkende infrastruktuur, stygende arbeid en insetkoste, en bedreigings vir hul landelike veiligheid. “As gevolg van al hierdie uitdagings is boere tans aanspreeklik vir ‘n geraamde R205 miljard se skuld – ‘n hoë las wat veroorsaak dat diegene wat deur die brande geraak is nie hierdie jongste tragedie kan absorbeer nie. Vir ons land se voedselsekerheid behoort dit ons almal te bekommer.”