Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die burgerregteorganisasie AfriForum het die laaste week 63 koringstrooibale aan boere in die Vryburg-omgewing geskenk wat onlangs onder veldbrande deurgeloop het.  Dié strooibale het altesaam 14 ton geweeg. In Augustus en September het meer as 200 000 hektaar se weiding afgebrand as gevolg van veldbrande. Meer as 60 beeste het in hierdie tydperk doodgebrand. “Baie boere in die omgewing het groot skade gelei weens die brande.

Daar is boere wat geen weiding meer vir hulle vee oor het nie en daarom het AfriForum ingespring en voer geskenk om boere in hierdie moeilike tyd te help,” verduidelik Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland. Hierdie skenkings is moontlik gemaak deur AfriForum se Voer vir ’n Boer-projek. AfriForum se Vryburg-tak het ook water, koeldrank en nie-bederfbare kos vanuit die gemeenskap ingesamel vir die persone wat gehelp het om die brande te bestry.

“AfriForum wil graag sy lede bedank wat bydraes gelewer het tot hierdie veldtog en moedig sy lede aan om verdere skenkings te maak om die boere te help. Veldbrande hou ’n groot risiko vir boere én die gemeenskap in, daarom is dit belangrik dat ons mekaar gedurende hierdie tydperk ondersteun,” sluit Nel af. Skenkings vir die veldtog kan in die volgende rekening betaal word: Banknaam: FNB, Rekeninghouer: AfriForum NPC, Takkode: 261550, Rekeningnommer: 62349898398, Verwysing: Brande