Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-GANYESA: Die provinsiale ondersoekspan van Noordwes wat die beweerde vergiftiging van 44 beeste in die Bray-omgewing en die oënskynlike bestaan van ‘n veediefstalsindikaat in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik te ondersoek, het op Donderdag, 4 Januarie 2024, ses verdagtes in hegtenis geneem. 


Die verdagtes, Lobelo Setlhabetsi (48), Moses Monchusi (47), Karabo Ditlamelo (31), Tshepiso Masite (32), Sarel De Lange (21) en White Basime (42), is in Morokweng en Ganyesa in hegtenis geneem vir onderskeidelik diefstal, die onwettige besit van ammunisie, die onwettige besit van vuurwapens en opsetlike saakbeskadiging. Vier van die ses verdagtes staan tereg op ‘n aanklag van diefstal nadat hulle na bewering ‘n Jojo-watertenk ter waarde van R5 500 in Boshoek area tussen 23 en 27 Augustus 2023 gesteel het. Volgens polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone, staan die ander twee verdagtes tereg op afsonderlike aanklagte van die onwettige besit van ammunisie en die onwettige besit van vuurwapens. Hierdie verdagtes het op Donderdag, 11 Januarie in Ganyesa landroshof vir ‘n borgaansoek verskyn en is uitgestel to 14 Maart vir verdere ondersoek. Die saak van onwettige besit van vuurwapen teen De Lange is in die hof teruggetrek. Keobakile ‘Rasta’ Kenosi is ook een van die beskuldigde van die bogenoemde sake. Borg is as volg aan die verdagtes toegestaan ten opsigte van twee opsetlike saakbeskadiging sake wat in Augustus 2022 in Boshoek gepleeg is: Lobelo Johannes Setlhabetsi (R3000), Moses Moshe Monchusi (R2500), White Mononohi (R2500) Karabo Eric Ditlamelo (R2500) en Clifford Keobakile “Rasta” Kenosi bly in aanhouding tot sy volgende verskying op Dinsdag, 16 Januarie. Ten opsigte van ‘n opsetlike saakbeskadiging saak van Boshoek wat in Oktober 2023 gepleeg is, is die volgende verdagtes op R 1000 elk borg vrygelaat: Clifford Keobakile “Rasta” Kenosi, Morgan Shomolekae, Norman Moncho en Tshepiso “Gumbo” Masite (Gumbo). Masite het ook op ‘n aanklag van onwettige besit van ammunisie verskyn en is borg van R 2000 toegestaan. Die verdagtes verskyn weer op Donderdag, 14 Maart in die hof. Kenosi bly in aanhouding en verskyn op Dinsdag, 16 Januarie vir uitspraak op sy borgaansoek.   Kenosi is vroeër 
R 5000 borg toegestaan op drie aanklagte van poging tot moord, maar bly steeds in aanhouding op die ander aanklagte. Ockert Goosen het in November 2023, 44 beeste verloor weens vergiftiging op grond wat hy in die Bray-omgewing gehuur het. Dit het gebeur na ‘n veediefstalinsident waarby Keobakile ‘Rasta’ Kenosi na bewering betrokke was. Adolph Reyneke was ook ‘n slagoffer nadat sy beeste van twintig koeie, tien kalwers en twee bulle naby Tosca in Desember 2023 vergiftig is.