STELLALANDER-VRYBURG: Die Rainbow Kids-toernooi van Tennis Suid-Afrika (TSA) is Saterdag, 16 Augustus, by die Ramblers Tennisklub in Vryburg deur Tennetics Tennis Akademie aangebied.
Jong spelers onder die ouderdom van 10 jaar van Kuruman, Hartswater, Botswana en Vryburg het met groot entoesiasme aan die enkel- en dubbelwedstryde deelgeneem. In die oranjebal-afdeling het almal medaljes ontvang, terwyl die groenbal-afdeling uitsonderlike prestasies uitgelig het.
Ava Theron van Botswana het die trofee vir eerste plek in die meisies o/10-afdeling ontvang, terwyl Jannis van Niekerk van Kuruman die seuns o/10-afdeling gewen het, met Johan Botha in die tweede plek. Toernooi-organiseerder Liza-Mari Olivier sê die dag was ’n reuse sukses en sy hoop om met sulke toernooie nog meer jong tennisspelers te inspireer om deel te neem en die spel te geniet.