Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
03
Wed, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die nuwe VAPS HCV Rally-Raid-span het die afgelope naweek ’n indrukwekkende nasionale debuut gemaak tydens die Parys 400, die tweede en derde rondes van die 2025 Suid-Afrikaanse Nasionale Rally-Raid-kampioenskap wat op 15 en 16 Augustus in die Vrystaat beslis is. 
Peet Victor en Van Zyl Jonck het in hul Red-Lined VK50-2 ’n puik derde plek in die mededingende T1-klas behaal, terwyl hul spanmaats, Abrie Olivier en Iaan Olivier, kort agter hulle in die vierde plek geëindig het met hul Red-Lined VK50-1.

Red-Lined Motorsport het weereens ’n groot indruk gemaak met ’n span van tien voertuie wat in Parys aan die wegspring was, insluitend bemannings uit Suid-Afrika, Namibië, België en Nederland. Met inskrywings in al drie hoofklasse, het die span nie net nasionale nie maar ook ’n sterk internasionale geur aan die byeenkoms verleen. Volgens spanhoof Terence Marsh is dit ’n groot trots dat Red-Lined-voertuie sowat 40% van die inskrywingslys uitgemaak het. “Onas is veral opgewonde dat ons nuwe VAPS HCV-span op hul debuut reeds ’n podiumplek kon behaal. Dit is ’n groot inspuiting vir die toekoms van die sport en vir ons span.” Die Parys 400, wat vanaf die Stonehenge Estate aangebied is, het gesorg vir ’n naweek vol spoed, uitdagings en wedrenaksie, en die VAPS HCV-span se prestasie voorspel ’n belowende seisoen vir die res van die kampioenskap.