Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
03
Wed, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-OTTOSDAL: Na ’n jaar lange stryd teen kanker het vyfjarige Liam Jacobs van Ottosdal onlangs sy laaste behandeling voltooi. 
Op 11 Augustus het hy die simboliese klok gelui nadat hy 29 sessies radiasie en ses maande se weeklikse chemoterapie suksesvol afgehandel het. Liam is in Julie 2024 met stadium 4-medulloblastoma, ’n aggressiewe vorm van breinkanker wat ook na sy spinale koord versprei het, gediagnoseer. Dokters het destyds voorspel dat hy binne ses maande nie meer sou kon loop nie. ’n Gewas op sy oogsenuwee het hulle boonop laat vermoed dat sy sig aangetas is. Maar Liam het mediese verwagtinge getrotseer.

Net vier dae ná sy breinoperasie in Unitas-hospitaal in Pretoria het hy weer begin sien, en twee maande later het hy self begin loop. Vandag, net meer as ’n jaar ná sy skokkende diagnose, het hy slegs twee piepklein breingewasse oor en is sy herstel merkwaardig. “Hy is ons wonderwerk,” sê sy ouers, WD en Suné Jacobs. Volgens hulle gaan dit uitstekend met Liam, en hy sien daarna uit om volgende maand weer skool toe te gaan.