Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-STELLA: Die lewelose liggaam van die 23-jarige Michael Mostert is Saterdag, 13 Januarie omstreeks 11:00 in die veld langs die biblioteek in Stella gevind. Volgens inligting was die liggaam van Mostert reeds in rigor mortis toestand toe hy gevind is. Hy het kneusplekke oor sy hand, rug en regtersy gehad.

 

Volgens polisiewoordvoerder, Adelé Myburgh is Mostert die Vrydagmiddag, 12 Januarie net na 17:00 weg van sy huis na ‘n vriend in Rekgaratlhile woonbuurt in Stella.  Volgens inligting word Mostert se selfoon vermis. Die lykskouing wat op Dinsdag, 16 Januarie gehou is, toon tekens van verwurging. Die polisie ondersoek tans ‘n klagte van moord. Geen verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enige persoon met inligting rondom die voorval word versoek om met die polisie op Stella in kontak te kom.