Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-DEBEN: ‘n Dief wat met meer as 30 sakke sement op die vlug wou slaan, is deur die wakker waarneming van ‘n plaaseienaar gestuit. 
‘n 40-jarige man is op Vrydag, 19 Januarie omstreeks 23:20 deur Deben polisie gearresteer vir diefstal. 

Die arrestasie volg nadat ‘n plaaseienaar die polisie in kennis gestel het van ‘n verdagte wit dubbelkajuit Isuzu-bakkie met ‘n vrag sement op. Met aankoms op die toneel het die polisie die aankoopbewys van die sement aangevra, wat nie deur die bestuurder verskaf kon word nie.
Hy is op ‘n aanklag van diefstal in hegtenis geneem en die polisie het op 32 sakke sement en ‘n bakkie beslag gelê. 
Die verdagte sal binnekort in die Kathu landroshof op die aanklag verskyn. Die SAPD bestuur het die lede van Deben geloof vir hul vinnige reaksie en ook die boeregemeenskap bedank vir hul bystand en samewerking in gesamentlike bekamping van misdaad.