Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
15
Sun, Jun

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Stellalander-Vryburg: Mark Visser, ‘n voormalige inwoner van Vryburg, het onlangs sy meestersgraad in Kommunikasiewetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) voltooi, onder die toesig van professor D.F. du Plessis van die Departement Kommunikasiewetenskap. 
Visser het drie akademiese kwalifikasies aan Unisa verwerf: ’n BA-graad in Sielkunde en Kommunikasie, ’n BA Honneursgraad in Geïntegreerde Organisatoriese Kommunikasie, en die meestersgraad waarmee hy sy studiepad afgesluit het – vir eers.

Voor hy hom in China gevestig het, het Visser wyd gereis en in verskeie lande gewerk, insluitend die VSA, Brasilië, Bolivia, Israel, Egipte en Thailand. Hy het ook Botswana, Myanmar en Laos besoek. Hy woon en werk nou reeds sewe jaar in China en doseer tans aan Shangqiu Normal University in die Henan-provinsie. In sy vrye tyd speel hy graag pluimbal en help met die afrigting van die universiteit se gholfspan. Visser is nie van plan om sy akademiese reis hier te laat eindig nie – hy beplan om in 2026 vir ’n PhD in Kommunikasiewetenskap aan Unisa in te skryf. Visser se pa, Justin Visser, is ook ‘n bekende van Vryburg.